Nicky Storm | Breast Cancer

Ek wil net baie dankie se vir die hulp wat ek van julle gekry het met ons medies wat nie vir my behandeling betaal nie

 
Ek wil net baie dankie se vir die hulp wat ek van julle gekry het met ons medies wat nie vir my behandeling betaal nie. Ons staan tans op R150 000.00 wat ons uit ons sakke betaal het vir die chemo, operasie en bestraling. Die belangrikste is, ek voel beter, vir nou is ek in remissie, maar sal eers in November na al die toetse verseker kan weet waar ek staan.

Behalwe vir die probleme met die medies, kan ek eerlik se, dit het beter met my gegaan as met ander mense in my posisie. Ja, my hare het uitgeval, ek het die naar gehad, maar ek het myself gedruk om te kom werk. Na my eerste chemo het my hare begin uitval, ek het besluit om dit af te skeer - vir my is dit minder emosioneel. Die kop doek het ek vir die eerste twee weke gedra en toe besluit, ek het 'n dure prys betaal om die hare te verloor, ek gaan sonder my kop doek loop, hy gee net hoofpyn. En vir die gene vir wie dit moeilik was om my sonder hare te sien, jammer, moet dan nie kyk nie. Maar ek het niks om oor skaam te wees nie, ek het niks verkeerd gedoen nie. Ek vat of sal ek se veg monster positief en met mening aan, dit het maar bene kou gegaan, maar ek is nog hier en fighting fit.

Dankie vir People Living With Cancer vir die ondersteuning, ek waardeer dit baie.

Go Back